VIRSEKER KOMPETISIE: BEPALINGS EN VOORWAARDES
- Geen
personeellid van Auto & General Versekeringsmaatskappy Beperk en/of
Virseker en/of enige geassosieerde maatskappy/agentskap van die
maatskappye asook enige familielid van enige van bogenoemde partye mag
aan die promosie deelneem nie.
- Deur te kies om verdere
promosienuus te ontvang, stem die party wat inskryf daartoe in om
kommunikasie van Auto & General Versekeringsmaatskappy Beperk en/of
Virseker en/of hulle vennote en onderskeie handelsmerke te ontvang.
- Die
deelname aan die kompetisie en die ontvangs van verdere kompetisie- of
promosienuus is op geen manier onderhewig aan ‘n versekeringskontrak met
Virseker en/of enige geassosieerde maatskappy/agentskap nie.
- Pryse is nie oordraagbaar nie en daar sal geen onderhandeling rakende die aard of toekenning van pryse plaasvind nie.
- Wenners
en naaswenners stem daartoe in om met Virseker saam te werk indien daar
enige deelnemer-blootstelling in terme van openbare verhoudinge sou
plaasvind.
- Die kompetisie is slegs vir Suid-Afrikaanse burgers
ouer as 18 jaar. Die wenner moet ‘n ID-dokument of geldige
bestuurslisensie kan bewys.
- Die promosie duur slegs vir die tyd wat die Virseker promotors beskikbaar is, en gedurende hul voorafbepaalde werksure.
- Slegs een wenner per selfoonnommer sal toegelaat word.
- Die
krap-en-wen wenners sal onmiddellik via SMS aangewys word, waar die
besluit finaal is en geen verdere woordvoering sal plaasvind na afloop
van die geleentheid nie.
- Die pryse sal onmiddellik oorhandig word, mits die persoon hul wen-SMS aan die Virseker promotor kan wys.